TLHAGALE, BUTI JOSEPH

TLHAGALE, BUTI JOSEPH (1947–) is in Randfontein aan die Wesrand gebore. Hy het van 1972 tot 1976 aan die Gregoriaanse Universiteit in Rome* studeer voordat aartsbiskop Peter (Famyana), Buthelezi hom in 1976 as priester*2 gewy het. Sy bediening het in Soweto begin (1976–1979) waar hy ’n besondere vertrouensverhouding met die mense opgebou het. Van 1995 tot 1999 het Tlhagale gedien as die sekretaris-generaal van die Southern African Catholic Bishops’ Conference. Hy word deur kollegas beskryf as ’n bron van kennis ten opsigte van kwes­sies soos sosiale en ekonomiese gereg­tigheid. Tlhagale is in 1999 ingeseën as aarts­biskop van Bloemfontein, en in 2003 aangewys as biskop van Johannesburg.

Vir verdere lees: The Southern Cross 30 April tot 6 Mei 2003

Sidebar