TOLLENAAR

TOLLENAAR. Die Romeine (Kyk by: Romeinse Ryk) het vanaf die tweede eeu voor Christus* reeds van publicari gebruik gemaak om belastings in te vorder. Hierdie werk is per openbare tender aan die hoogste bieër uitgegee. Die tenderbedrag moes aan die staatskas oorbetaal word. Wanpraktyke het vinnig posgevat en hierdie amptenare is weldra in die same­lewing verag. Slegs die Sinoptiese* Evan­gelies maak melding van “tollenaars”, alhoewel hulle toe slegs indirekte belasting kon invorder. Dit was vir die Jode* veral onaanvaarbaar dat belasting aan ’n vreemde land oorbetaal moes word (Matt 22:17). Boonop sinspeel Luk 3:12-13 daarop dat die tollenaars se dade sonde* is.

 

Sidebar