TORREY, REUBEN ARCHER

TORREY, REUBEN ARCHER (1856–1928) word ná studie aan Yale, Leipzig en Erlangen as hoof van die “City Mission” van die Kongregasionaliste Kerke* in Minnea­polis, VSA (1878) aangestel. Hy werk dikwels saam met DL Moody*, wat, onder andere, die vermoë gehad het om be­kwame mense rondom hom te vergader. So word Torrey die eerste hoof van die konserwatiewe Moody Bible Institute in Chicago (1889). Hy maak dié instituut ’n model vir Bybel*­inrigtings in die wêreld. Self ’n suksesvolle evangelis, onderneem hy, gewoonlik saam met ander medewerkers, verskeie binne- en buitelandse reise, onder andere na die Britse Eilande, Australië en Nieu-Seeland. Sy kursusse oor persoonlike werk en sy praktiese metodes het hulle stempel op die lewe en optrede van duisende persoonlike werkers afgedruk. Van 1912–1924 is hy werksaam as skrywer, Bybeldosent en pastor in Los Angeles.

In Suid-Afrika is hy veral bekend vanweë sy Sakboekie vir persoonlike werkers waarvan tienduisende in Afrikaans verkoop is.

 

Sidebar