TOTIUSPRYS VIR TEOLOGIE EN DIE STUDIE VAN DIE GRONDTALE VAN DIE BYBEL

TOTIUSPRYS VIR TEOLOGIE EN DIE STUDIE VAN DIE GRONDTALE VAN DIE BYBEL. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het hierdie prys in 1980 ingestel op inisiatief van Sanlam. Die prys is ’n medalje. Dit is ’n tweejaarlikse prys wat toegeken word vir ’n hoogstaande publikasie of reeks van hoogstaande publikasies in Afrikaans* oor die Christelike teologie* of die studie van die grondtale van die Bybel*. Vorige wenners van hierdie prys is: 1982 prof JA Heyns*; 1984 prof FC Fensham*; 1986 prof WJ van der Merwe*;1988 prof PB van der Watt*; 1990 prof WD Jonker*; 1992 prof DJ Bosch* (postuum); 1994 prof WS Prinsloo*; 1996 prof JJF Durand*; 1998 prof AB du Toit*; 2000 prof DJ Louw*; 2002 prof BA Müller*; 2004 prof JH van Wyk*; 2006 prof JG van der Watt*.

Sidebar