TOWENAAR
TOWENAAR. ’n Towenaar, so is in die antieke tyd geglo, het oor geheime kennis beskik om deur bonatuurlike kragte wonders te doen. Mense het towenaars geraadpleeg om voorspoed in hulle lewe te bring. Onlangse ontdekkings van magiese papyri* bevestig dat die raadpleging van towenaars ’n algemene en gewilde praktyk was. Towenaars word nie baie in die Bybel* genoem nie, omdat towery skerp veroordeel is (Eks 7:11; 22:18; Hand 8:4-25; 13:6-8; Op 21:8). In Hand 19:19 hoor ons van towenaars wat ná hulle bekering* hulle waardevolle boeke in Efese* verbrand het.