TRIFENA EN TRIFOSA

TRIFENA EN TRIFOSA ontvang in Rom 16:12 groete van Paulus* wat hulle “harde werkers vir die Here*” noem. Hulle was waarskynlik susters wat soos die ander persone in die groetelys medewerkers van Paulus in Asië* – oftewel in die gemeente* van Efese* – was. Teen die tyd dat Paulus sy brief aan die Christene* in Rome* geskryf het (55 nC), het hulle oënskynlik na Rome verhuis (of teruggekeer? – vgl Priscilla* en Akwila*: Rom 16:3; Hand 18:2, 26).

 

Sidebar