TRITEÏSME

TRITEÏSME druk letterlik uit dat daar aan drie aparte gode geglo word. In die lang debat in die kerk* oor die drie-eenheid* van God, het dit soms gebeur dat sommige met so ’n groot klem die Godheid van Vader*, Seun* en Heilige Gees* onderstreep het, dat hulle uiteindelik as aparte entiteite gesien is. Daarmee het die eenheid van die Drie in die slag gebly en so het dit ’n dwaalleer* geword.

Sidebar