TROSKIE, ALBERT

TROSKIE, ALBERT (1942–) behaal BMus aan die Universiteit van Kaapstad en toon toe reeds sy intense belangstelling in kerkmusiek. Hy studeer met Unisa se Orrel­studiebeurs by Cor Kee in Nederland, asook musiekwetenskap aan die Universi­teit van Amsterdam. Van 1971 af is hy verbonde aan Unisa se departement van Musiekwetenskap, en in 1975 voltooi hy sy doktorale proefskrif oor die koorwerke van Max Reger. In 1983 word hy as professor in musiek by die Universiteit van Port Eliza­beth aangestel. In 1998 tree hy af. Troskie druk as ywerige lidmaat en kundige orrelis sy stempel af op die kerkmusiek van die Afrikaanse kerke. So stig hy in 1980 die Suid-Afrikaanse Kerkorrelistevereniging en dien vir 20 jaar as voorsitter en redakteur van die publikasie Vir die musiekleier. Hy dien in beide interkerklike kommissies vir die Liedboek van die kerk (2001) en as een van die drie eindredakteurs doen hy ’n reuse werk om die boek persklaar te maak.

 

Sidebar