UBUNTU (BOTHO).

UBUNTU (BOTHO). Die Nguni-woord ubuntu (in die Sotho-tale botho), “saambind”, dui op menslikheid wat tot verwerkliking kom in medemenslikheid. Volgens Desmond Tutu* verwys ubuntu in die Afrika-denke ten diepste na dít wat mense van diere onderskei. Mense met ubuntu beskik oor meegevoel en deernis, gebruik hulle krag ten bate van swakkes, be­voordeel hulleself nie ten koste van ander nie. As jy nie ubuntu het nie, kom ’n essensiële deel van mens-wees by jou kort. Jy kan dalk baie besittings hê, selfs posisie en gesag, maar sonder ubuntu beteken dit alles nie veel nie. As Descartes* se stelling die Wes­terse denke oor mens-wees uitdruk: “Ek dink, daarom is ek”, druk ubuntu Afrika-mense se denke hieroor uit: “Ek is, omdat jy is; jy is, omdat ons is”, of: “’n Mens is ’n mens deur mense” (IsiXhosa: Umn­tu ngumntu ngabantu. Setswana: Motho ke motho ka motho yo mongwe).

 

Sidebar