UGARIT

UGARIT is ’n antieke hawestad aan die kus van Sirië*. Dit was ’n handelsentrum op die roetes van Mesopotamië* na Kreta* en Griekeland* in die weste en Egipte* in die suide. Die stad is teen die einde van die Laat-Bronstydperk deur die Seevolke ver­nietig en nooit herbou nie. Talle geskrifte is by Ugarit gevind. Vir lesers van die Bybel* is die belangrikste vondste die epiese tekste in Ugarities. Dit is ’n voorheen onbekende Semitiese* taal, verwant aan Bybelse Hebreeus*. Die verhale handel oor helde en gode soos El*, Baäl* en Asjera* en leer ons baie van die Kanaänitiese* en vroeë Ou-Testamentiese* denkwêreld.

Vir verdere lees: A Negev en S Gibson (red) 2001. Archaeological Encyclopedia of the Holy Land. New York en Londen: Continuum.

Sidebar