UITTOG, NUWE

 

UITTOG, NUWE (of nuwe eksodus). Die Nuwe-Testamentiese* skrywers gebruik dikwels die uittog-motief om die redding* in Christus* as ’n nuwe of beter “uittog” voor te stel.

  1. ’n Heerliker verlossing. Israel* is bevry uit fisiese slawerny*; die Nuwe-Testamen­tiese volk van God word van die slawerny van sonde* bevry (Rom 8:15-17). Israel erf Kanaän*; die Nuwe-Testamentiese Gods­volk erf die hemel* (Ef 2:10), hulle kom by die hemelse Sionsberg aan (Heb 12:22).
  2. ’n Nuwe en groter Moses*. Baie mo­mente in Jesus* se lewe herinner aan Moses. As baba word Hy bewaar teen vyandelike optrede (Matt 2:13-18), Hy doen wonders*, en Matteus* teken Hom as die nuwe Moses wat sy nuwe wet op ’n berg aan die gelo­wiges gee (Matt 5:1, 17-20).

3.’n Beter verbondsvolk. Die Hebreërs* sê dat Nuwe-Testamentiese gelowiges die skadubedeling van die Ou-Testamentiese* offerkultus agtergelaat het: die wet* is ingeplant in hulle hart, hulle het ’n persoonlike en onbemiddelde toegang tot God, en hulle sonde* word volkome uitgedelg.

 

Sidebar