UNITED CONGREGATIONAL CHURCH

UNITED CONGREGATIONAL CHURCH, of die Kongregasionalistiese Kerk in Suid-Afrika, is deel van die gere­formeerd-protestantse* tradisie in Suid-Afrika en is daarom bv saam met ander gereformeerde kerke in Suid-Afrika lid van die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke*. Die United Congregational Church of Southern Africa het in sy huidige vorm in 1967 tot stand gekom en wel as ’n samesmelting van die Londense Sending­genootskap*, die Bantu Congregational Church of the American Board Mission en die Congregational Union of South Africa. Later het die Disciples of Christ ook bygekom. Elkeen van hierdie samestellende kerke het ’n eie geskiedenis gehad van kerklike opbouwerk in verskillende streke in die Suider-Afrikaanse konteks. Vir admi­nistratiewe doeleindes is die kerk soos dit vandag bestaan onderverdeel in ’n aantal streekstrukture. Hulle bedieningsterreine strek oor ’n breë front en sluit onder andere maatskaplike opheffing, opvoeding en eku­meniese* arbeid in. Hulle het ’n bena­derde lidmaattal van 250 000 lidmate en 400 ge­meentes (2015). Hulle mondstuk is die Congregational Chronicle.

 

Sidebar