UNIVERSALISME

UNIVERSALISME. In teologiese spraak­ge­bruik kan op twee verstaanswyses van hierdie begrip gewys word: eerstens dat alle mense gered sal word, en tweedens dat verlossing vir alle mense geld.

Eersgenoemde verstaan vind histories reeds uitdrukking by Origines* in sy leer van die apokatástasis*, dit is, die “al-redding” van die skepping* en skepsels, dit wil sê, die herstel van die oorspronklike skeppingsbedoeling van God met die totale skepping (Kyk by: Skeppingsordening). Hierdie standpunt word deur die Dordtse Leerreëls* (II, 8 en II, “Verwerping van die dwaling”) afgewys.

Hierteenoor wys laasgenoemde ver­staans­wyse daarop dat alle mense gered kan word aangesien Christus* vir alle mense gesterf het. Hierdie tweede verstaans­wyse is die meer invloedryke standpunt in die Suid-Afrikaanse kerklike tradisies, al­hoe­wel die kernwaarheid van “Christus se sterwe vir almal” op uiteenlopende maniere vertolk word.

Sidebar