UR

UR is ’n antieke stad aan die suidelike oewer van die Eufraat*, halfpad tussen Bagdad en die Persiese Golf in moderne Irak geleë. Dit is uit Gen 11 bekend as die stad waar Abraham* gebore is en waarvandaan sy pa, Tera*, met sy hele gesin na Haran* weggetrek het op pad na Kanaän* toe. Toe die Sumeriërs* Ur vóór 3000 vC beset het, was dit reeds bewoon. Hulle het dit uitgebou tot ’n belangrike handelsentrum tussen Indië, Arabië en die weste. Veel later, teen 550 vC, het Nabonidus*, die laaste Babiloniese* koning, Ur herbou met ’n tempel vir die maangod, Sin.

Vir verdere lees: A Negev en S Gibson (red) 2001. Archaeological Encyclopedia of the Holy Land. New York en Londen: Continuum.

Sidebar