URIJA

URIJA is die naam van verskeie persone in die Ou Testament* waarvan die bekendstes die volgende is:

  1. ‑’n Hetiet – een van verskeie mense in Dawid* se leër wat nie-Israeliete was (2 Sam 23:39; 1 Kron 11:41). Hy was die man van Batseba* wat Dawid ná sy owerspel met Batseba laat doodmaak het (2 Sam 11:1-27). Urija is ook opgeneem in die geslagregister van Jesus* as die man van Batseba, die ma van Salomo (Matt 1:6).
  2. ‑’n Profeet, die seun van Semaja uit Kirjat-Jearim*, wat in die tyd van koning Joja­kim* van Juda* opgetree het en wat, soos Jeremia*, oordeel oor die land en koning uitgespreek het (Jer 26:20-23).

 

Sidebar