URIM EN TUMMIM

URIM EN TUMMIM word in die Ou Testament* sonder uitsondering in verband met die priester*1-amp gebruik. Dit impliseer dat dit nie betekenis op sigself gehad het nie, maar deur die priester aangewend is. Die betekenis en veral die herkoms van die woorde is nie duidelik nie. Die kwessie van die vra na die wil van God blyk egter deurlopend die geval te wees. Na alle waarskynlikheid was dit twee platterige voorwerpe wat elk sowel ’n ja- as ’n nee-kant gehad het. Dit was ook deel van die priester se uitrusting. Die gebruik hiervan het in die tyd van ballingskap* verdwyn.

Sidebar