USSIA

USSIA is in die Ou Testament* die naam van ’n paar persone:

  1. ‑Hy is die tiende koning van die suidelike koninkryk Juda*4, in die plek van sy pa, Amasia*1. In die verhaal in 2 Kron 26 word hy Ussia genoem (ook Jes 1:1; 6:1; 7:1; Hos 1:1; Amos 1:1 en Sag 14:15), maar wanneer dieselfde verhaal in 2 Kon 15 vertel word, word hy Asarja*1 genoem (ook 2 Kon 14:21; 1 Kon 3:12). Hy het 52 jaar lank regeer (785–733 vC) en was ’n baie suksesvolle koning, maar die mag het na sy kop toe gegaan en as straf het hy melaats geword tot sy dood toe.
  2. ‑Nog ’n persoon met hierdie naam was ’n Leviet* uit die Kehat*-groep (1 Kron 6:23).

 

Sidebar