VALS CHRISTUSSE

VALS CHRISTUSSE. Daar moet onderskei word tussen vals Christusse (Matt 24:23-24; Mark 13:22), vals profete (Matt 7:22; 1 Joh 4:1) en antichriste* (1 Joh 2:18). Dit gaan hier oor eersgenoemde en dit verwys na diegene wat self daarop aanspraak maak, of voorgee, om die Christus* of die Messias* te wees, maar dit nie is nie (Matt 24:5), of selfs ander Jesusse wat iemand sou kon ver­kondig (2 Kor 11:4). Hulle word in hierdie tekste verder beskryf as persone wat selfs tekens en wonders* doen om, as dit moontlik is, die uitverkorenes (Kyk by: Uitver­kiesing) te mislei. Dit is betekenisvol dat juis hierdie beskrywing gebruik word, want tekens en wonders word veral in die Johannes*-Evangelie gebruik om die dade van Christus te karakteriseer (Joh 2:11). Sy dade is tekens wat heenwys na iets, naamlik sy Messiasskap en Koningskap. Nie net Jesus het “wonders” gedoen nie, en daarom moes die uitverkorenes leer om te onderskei (Matt 24:23; Gal 1:8-9; 1 Joh 4:1).

 

Sidebar