VAN ARKEL, JAN THOMAS DE JONGH (TOM)

VAN ARKEL, JAN THOMAS DE JONGH (TOM) (1909–1977) was die predikant van twee gemeentes voordat hy in 1948 organiserende sekretaris van die Bybelgenootskap* geword het. Hy het in 1955 vir dr HPM Steyn as hoofsekretaris opgevolg en die leiding geneem toe die Suid-Afrikaanse Bybelgenootskap tot volwassenheid gekom en onafhanklik van die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap geword het. Van Arkel het die Bybelge­nootskap hier te lande uitgebou tot een van die bestes in sy soort.

Sidebar