VAN DER MERWE, GERT JOHAN­NES (GERJO)

VAN DER MERWE, GERT JOHAN­NES (GERJO) (1920–1979) het uit die be­kende Van der Merwe-gesin van Moerasvlei (Boplaas) in die Koue Bokkeveld in die Ceres-distrik gestam, en die digter-skrywer IW van der Merwe (Boerneef) was een van sy halfbroers. Van der Merwe het hom op Stellenbosch as onderwyser bekwaam en was ’n paar jaar op Morgenster* in Masjona­land werksaam, voordat hy na Stellenbosch teruggekeer het vir sy teologiese studies. Hy was predikant* van verskeie gemeentes – tot met sy dood van die NG Gemeente Hotten­tots-Holland, waar hy begrawe is uit die nuwe kerkgebou waarvoor hy hard gewerk het, ’n week voordat dit ingewy sou word. Van der Merwe het ’n besondere aanvoeling vir Afrikaans* gehad en was omdigter en herdigter van ’n groot aantal gesange in die Psalm- en Gesangeboek van 1978. In die Liedboek van die Kerk (2001), wat die 1978-boek vervang het, is 27 van sy herdigtings opgeneem, onder meer die bekende Lied 275: “O God van Jakob”.

 

Sidebar