VAN DER SPUY, STEPHANUS HOF­MEYR (FANAN)

VAN DER SPUY, STEPHANUS HOF­MEYR (FANAN) (1908–1993) het sy teologiese studie in 1934 aan die Kweekskool* op Stellenbosch voltooi. Hy was van 1935 af in die gemeentes van Windhoek, Keetmans­hoop, Outjo en Outjo-Wes werksaam. Met slegs ’n kort onderbreking in 1942 as veld­prediker* vir Suid-Afrikaanse troepe in Noord-Afrika, was hy sy hele bediening tot 1981 in Namibië. In 1957 word hy die eerste assessor (ondervoorsitter) en later ook moderator* van die sinode* van die NG Kerk* in Suidwes-Afrika (later Namibië).

Ná die dood van sy seun in 1951, het Van der Spuy die Fanan-sendingfonds gestig waaruit sendingwerk van die plaaslike NG Kerk gefinansier is. Onder sy leiding kom die sending* in Ovamboland, Kavango, Boesmanland en die Kaokoveld tot stand. In 1958 word Van der Spuy organiserende sendingsekretaris en sekretaris van evangelisasie*. Hy tree ook op as dosent vir in­heemse werkkragte. Teen die einde van sy bediening was hy vir twee termyne pre­dikant van die Vrye Christelike Gerefor­meerde Kerk op Frankfort waar hy in 1993 finaal die tuig neergelê het

Sidebar