VAN HEERDEN, ERNST

VAN HEERDEN, ERNST (1916–1997) se uitgebreide digterlike nalatenskap lewer bewys van ’n geoefende digter wat sterk verse kon skep. Talle van sy vroeëre gedigte het gekonsentreer op die kragfiguur soos die ge­wigopteller en die atleet, terwyl sy latere werk al hoe meer besinning was oor die wêreld van verlies en oud-word. Van Heerden se werk lewer nie sterk bewys van godsdiens in die gewone sin van die woord nie, maar sy innige deernis met die mens se weerloosheid en verganklikheid, getuig van intense meevoeling. So dikwels is hierdie meevoeling in die letterkunde van meer waarde as openlike Christelike tendense. Van Heerden se werk spreek tot die mens in sy oomblik van grootheid, maar meer nog in sy oomblik van weerloosheid en verval.

 

Sidebar