VAN MEERHOFF, PIETER

VAN MEERHOFF, PIETER (circa 1635–1668) is in Kopenhagen, Denemarke, gebore en het in 1659 as amptenaar in diens van die Vereenigde Oostindische Compagnie (VOC)* na die Kaap gekom. Hy verwerf be­kendheid as ontdekkingsreisiger en tussen 1660 en 1662 neem hy aan ses verkenningstogte na die Kaapse binneland deel.

Sy huwelik met Krotoa* (Eva*2) was die eerste Christelike huwelik tussen ’n Euro­peër en ’n inheemse bewoner van die Kaap, Sy was ’n Khoekhoen*-vrou wat as jong meisie deur Jan* en Maria* van Riebeeck in hulle huis geneem is en ’n Europese opvoe­ding ontvang het. In 1662 is sy deur ’n besoekende predikant*, ds Sybelius, gedoop. Hoewel sy en Van Meerhoff reeds ’n ge­ruime tyd saam geleef het, het haar doop* dit vir hulle moontlik gemaak om in 1664 wettig te kon trou. Eva het periodiek terug­gehunker na haar vroeëre bestaan en leef­wyse. Hulle oudste dogter, Petronella, tree met Daniel Zaayman in die huwelik en sy het sodoende die stammoeder van die Zaayman-familie in Suid-Afrika geword. Van Meerhoff is tydens ’n ekspedisie om slawe op Madagaskar te koop, in Antongil­baai vermoor.

Vir verdere lees: DW Kruger (red) 19862. Suid-Afrikaanse biografiese woordeboek, deel 2. Pretoria: RGN. J du Plessis 1911. A History of Christian Missions in South Africa, Londen: Longmans, Green & Co.

 

Sidebar