VAN WIJK1, ADRIAAN JACOBUS

VAN WIJK1, ADRIAAN JACOBUS (1872–1966) was voor sy dood die laaste lewende predikant wat in die 19de eeu in Suid-Afrika gelegitimeer (Kyk by: Legitimasie) is. Hy was die oudste seun van ds Johannes Hendrik van Wijk van Boshof, Smithfield, Heilbron, Paarl en Murraysburg. Hy is in 1900 met Margaret Murray, dogter van ds Charles Murray van Graaff-Reinet, getroud. As jong predikant was hy kapelaan van die konsentrasiekamp op Winburg. Hy het die gemeentes Hei­del­berg, Kaap (1900–1906), Britstown (1906– 1912), Kuilsrivier (1912–1919) en Fransch­hoek (1919–1943) bedien. Hy was in 1915 assistent-skriba, en in 1936 en 1940 mode­rator* van die Kaapse sinode* van die NG Kerk*. Hy was ook lank lid van die Raad van Kerke, waarvan hy in 1935 voorsitter was. ’n Tyd lank was hy waarnemende redakteur van Die Kerkbode*. Hy was die eerste skrywer van die jaarlikse Bybelse dagboek Uit die Beek (1927) en was dit vir meer as 40 jaar. Ná hom is hierdie dagboek ook deur sy seuns Johannes Hendrik van Wijk en Adriaan Jacobus van Wijk*2, albei predi­kante, geskryf

Sidebar