VEDDER, HERMANN HEINRICH

 

VEDDER, HERMANN HEINRICH (1876–1972) is in Enger in Westfalen, Duits­land, gebore. Hy het van jongs af belangstelling in die sending* gehad omdat sy ma gereeld vir hom verhale van sendelinge* vertel het. Nadat hy sy sendingopleiding ontvang het, het hy by die Rynse Sendingge­noot­skap begin werk wat hom in 1903 na Duitswes-Afrika (tans Namibië) toe gestuur het. Gedurende die Eerste Wêreldoorlog* (1919) is hy na Duitsland gedeporteer, maar deur die bemiddeling van die NG Kerk* is hy in 1922 toegelaat om terug te kom. Hy het op Okahandja gaan bly waar hy ’n geruime tyd die hoof van die Augustinium (opleidingsentrum vir inheemse onderwysers) was. Hy het verskeie dele van die Bybel* in van die inheemse tale vertaal en heelwat wetenskaplike navorsing gedoen en gepubliseer. Van sy navorsingsmateriaal is Das alte Südwestafrika (1934; in opdrag van die regering ook in Afrikaans* vertaal as Die voorgeskiedenis van Suidwes-Afrika) en Religion und Weltanshauung der alten Bergdama in Südwestafrika (1910).

Vedder is later as senator vir Suidwes-Afrika in die Suid-Afrikaanse parlement aangewys. Hy het eredoktorsgrade van die universiteite van Tübingen en Stellenbosch ontvang. Met sy 90ste verjaardag was ’n afbeelding van sy gesig op die land se posseëls

 

Sidebar