VELEMA, WILLEM HENDRIK.

VELEMA, WILLEM HENDRIK. (1929–). Velema het in 1957 aan die Vrije Universiteit* van Amsterdam gepromoveer met ’n proefskrif getiteld: De leer van de Heilige Geest by Abraham Kuyper. Van 1966 tot en met sy emeritaat in 1996 was hy verbonde aan die Theologische Universiteit van de Christelijke Gereformeerde Kerken te Apeldoorn in Nederland. Gedurende sy dosentskap het hy hoofsaaklik die leeropdrag gehad om etiek* en amptelike vakke (diakoniologie*) te doseer. Hy publiseer wyd in hierdie vakgebiede en is veral be­kend vir sy bydrae in die reeks Ethisch Kommentaar (saam met J Douma*) wat verskeie belangrike etiese onderwerpe in­dringend bespreek. Sy afskeidsrede as hoog­leraar is gewy aan die taak van die apologetiek* in die hedendaagse teologie*. Bekende werke van Velema sluit in Hoe Christelijk is de Christelijke ethiek? (1983); Etische vragen in prediking en pastoraat (1989) en De taak van de apologetiek in die hedendaagse teologie (1996). ’n Bybelsge­fun­deerde standpunt word deurlopend in Velema se werk teruggevind en sy werke het ook ’n invloed in Suid-Afrika uitgeoefen.

Sidebar