VERDORWENHEID

VERDORWENHEID. Gereformeerdes* leer op grond van die Bybel* die totale en radikale verdorwenheid van die mens, dit wil sê dat almal van ons geheel en al tot in die wortel van ons bestaan deur die sonde* verdorwe (korrup) geword het. Al drie die Formuliere van Eenheid* beklemtoon hierdie oortuiging (Nederlandse Geloofsbe­ly­denis*, Artikel 14, Heidelbergse Kategis­mus*, Sondag 2-3, en Dordtse Leerreëls*, hoofstuk 3 en 4, paragraaf 1-5). Deur Adam* en Eva* se val in die paradys* het ons na­tuur so verdorwe geraak dat ons almal in sonde ontvang en gebore word, en dat ons glad nie in staat is om uit onsself iets goeds te doen nie en tot alle kwaad geneig is.

Die gereformeerde leer van verlossing uit die genade* van God alleen (sola gratia) sluit direk by hierdie oortuiging aan. Dit staan teenoor die semi-pelagianisme* in die Katolieke Kerk* en die later Arminianisme* wat beide leer dat die mens ná die sondeval* nog ’n vrye wil* behou het om self te kies om gered (Kyk by: Redding) te word. Die moderne (seku­lêre) humanisme* kan dit nie aanvaar nie, want dit het die inherente goedheid van die mens as grondslag. Hedendaagse teoloë wat die sondeval en die verdorwenheid van die mens bevraagteken, het vanselfspre­kend ook ernstige probleme met Jesus* Chris­tus*, die Seun van God, se menswor­ding en die nodigheid dat Hy vir ons sonde moes sterf. Vir hulle is Hy eerder ’n “voorbeeld” wat nagevolg moet word

Sidebar