VERMANING

VERMANING beteken om iemand te beïnvloed met die doel om hom of haar te begelei tot die aanvaarding van ’n bepaalde lewenswyse, of aan te spoor om sekere voorskrifte te gehoorsaam.

Gelowiges* het mekaar van die vroegste tye af met vermaning bedien (1 Tess 4:1-2; Fil 4:2). Indien iemand die verkeerde pad loop of op die punt staan om van God afvallig* te word, is dit gelowiges se verantwoordelikheid om hierdie persoon te waarsku, aan te spoor en terug te bring na die geloofsgemeenskap (Eseg 33:1-9; Matt 18:15-17; Heb 3:12-13). Die liefdesbeginsel moet altyd vasgehou word wanneer iemand vermaan, gedissipli­neer of bemoedig word (2 Kor 2:5-8; Gal 6:1).

Bybelse* vermaning is nie wettiese voor­skrifte nie, maar word gebou op die liefde* en redding* wat God betoon het (Eks 20:1-2). Byna al Paulus* se briewe* begin met ’n uiteensetting van die evan­gelie*, waarop daar ’n vermanende deel volg (Rom 12:1; Ef 4:1-2; Kol 3:1-17). Om ag te gee op die vermaning, is wysheid* (Spr 25:12) en toon dat ons God se genade* nie tevergeefs ontvang het nie (2 Kor 6:1-2).

Sidebar