VERVULLING

VERVULLING. Hierdie begrip word op vier maniere in die Bybel* gebruik:

  1. ‑Om vol te maak, bv in Rom 15:13 waar Paulus* vra dat God die ge­lowiges* met “vreugde en vrede* vervul”.
  2. ‑Om die wet* in die ware sin van die woord na te kom, bv in Gal 5:14 (1933/1953-Afrikaanse Vertaling) waar­volgens die hele wet in “een woord vervul word”, naamlik deur naasteliefde. Volgens Matt 5:17 het Christus* nie gekom om die wet of profete* ongeldig te maak of af te skaf nie, maar om hulle te “vervul” (1933-Afrikaanse Vertaling; 2014-Direkte Vertaling), of hulle “hulle volle betekenis te laat kry” (1983-Afri­kaanse Vertaling).
  3. ‑Om vol te maak tot by ’n spesifieke punt, bv in Matt 23:32 (2014-Direkte Vertaling) waar Jesus* vir die Skrifgeleerdes* en Fariseërs* sê: “Maak julle dan maar die maat van julle vaders vol”.
  4. ‑Om beloftes na te kom, bv Deut 9:5 waarvolgens die Here* die be­lofte vervul wat Hy vroeër gemaak het. In die Nuwe Testament* word die woord gereeld gebruik om te sê dat God dit wat in die Ou Testament* geskryf is, in die koms en optrede van Christus waargemaak het – kyk veral die Matteus*-Evangelie (Matt 1:22; 2:15, ens). Die woord word soms ook gebruik om te verwys na Jesus se eie uitsprake wat waar geword het (bv Joh 18:9).

 

Sidebar