VISPOORT

VISPOORT was die middelste poort in Jerusalem se eerste noordmuur (Jer 39:3), en is ook Efraimpoort* genoem (Neh 12:39). Dit lê wes van die Antonia-vesting op die Via Dolorosa* tussen die Skaap- en Hoek­poorte. Die Vispoort is slegs uit Bybelse* ge­gewens bekend sonder argeologiese* bevestiging. Joas* van Israel* breek ’n deel van die poort af (2 Kon 14:13; 2 Kron 25:23), en hutte vir die Tabernakelfees/Loofhuttefees (Kyk by: Feeste in die Ou Testament) is hier opgerig (Neh 8:17).

Sidebar