VIVALDI, ANTONIO LUCIO (“DIE ROOI PRIESTER”)

VIVALDI, ANTONIO LUCIO (“DIE ROOI PRIESTER”) (1678–1741) is in Venesië gebore en het sy eerste vioollesse by sy pa gekry. As kind het hy waarskynlik aan asma gely. Toe hy 15 jaar oud was, het hy met sy studie begin om priester*2 te word, en is georden toe hy 25 was. Hy het sy bynaam aan die kleur van sy hare te danke. Hy is by Ospedale della Pietà, ’n weeshuis vir dogters in Venesië, as vioolonderwyser aangestel. Ná drie jaar het hy sy priesteramp weens swak gesondheid neergelê en drie jaar later was hy ook sy pos by die weeshuis kwyt. Hy het twee jaar as vryskutmusikant opgetree totdat die beheerraad van die weeshuis hulle vroeëre besluit herroep en hom aangestel het om al die musiekaspekte van die inrigting te behartig. Dit is in hierdie tyd dat Vivaldi die meeste van sy musiek geskryf het. In 1718 het hy die kapelmeester van prins Philip van Hesse-Darmstadt, goewerneur van Mantua, geword.

Vivaldi het verskeie oratoriums geskryf, waarvan Gloria in excelsis (RV 589) vandag die bekendtse is.

Sidebar