VLEES

VLEES. In die Ou Testament* word die woord “vlees” gebruik om te verwys na dierlike of menslike liggame: die vleis van diere (Lev 13:13 – 1933/53-Afrikaanse Vertaling) of die liggame van mense wat siektes kan kry (Lev 13:2 – 1933/53). Die woord word soms ook in algemene sin gebruik om te verwys na die mensdom as geheel (Jes 66:16 – 1933/53) of selfs na alles wat lewe (Gen 6:19 – 1933/53).

In die Nuwe Testament* word die woord soms gebruik om op ’n neutrale manier van die menslike liggaam of van menslike bestaan te praat, bv Heb 5:7 (1933/53) waar van Jesus* se “vlees” gepraat word. In ander gevalle word dit gebruik om van menslike swakheid en onvermoë te praat (bv Matt 16:17, Rom 6:19, beide 1933/53). Dit is veral Paulus* wat die woord op ’n negatiewe manier gebruik om te praat van mense se sondige geaardheid en geneigdheid om sonde te doen. “Vlees” opponeer die Gees (Rom 8:5-6 – 1933/53; “sondige aard” – 2014-Direkte Vertaling). Selfs gelowiges is nooit heeltemal vry van die mag van die “vlees” nie. Daarom roep Paulus hulle op om toe te laat dat die Heilige Gees* hulle lewe beheer sodat hulle nie “die begeerlikheid van die vlees volbring nie” (Gal 5:16 – 1933/53; “dan sal julle beslis nie die begeertes van ons sondige aard uitvoer nie” – 2014-Direkte Vertaling

Sidebar