VLOEK

VLOEK in tegniese sin verwys na die uitspreek van ’n verwensing teen of die uitskel van ’n persoon met die bedoeling om die persoon in sy of haar waardigheid te krenk. Hoewel hierdie vorm van vloek meermale in die Ou Testament* voorkom, word dit in die Nuwe Testament* afgewys as onaanvaarbare gedrag.

In die algemene omgang word die term vloek ook aangewend met verwysing na onvanpaste en growwe taalgebruik (dikwels met ’n skatologiese of seksuele konnotasie) in situasies waar dit aanstoot kan gee aan ’n ander persoon(e). Benewens die aan­stootlike aard daarvan, kan dit ook beskou word as die verlaging van die vlak van menslike interaksie.

Sidebar