VOLG

VOLG. Om te volg, kan in die Nuwe Tes­tament* een van drie moontlike bete­ke­nisse hê. ’n Algemene betekenis is om agter ander aan te gaan, soos die skares Jesus* meestal uit nuuskierigheid gevolg het (Mark 11:9), of vir Paulus* (Hand 21:36). ’n Tweede betekenis is om ’n leier te volg wat die weg aandui (Matt 4:25), en ’n derde om ’n volgeling of dissipel* van iemand te wees, wat meer inhou as die vorige twee betekenisse. (Kyk by: Navolging.)

 

Sidebar