VOLKSKERK VAN AFRIKA

VOLKSKERK VAN AFRIKA is op 14 Augustus 1921 in Kaapstad gestig. Een van die oorsake vir die totstandkoming van dié kerk was ontevredenheid oor die manier waarop wit sendelinge* die sake van die kerke onder hulle jurisdiksie sou hanteer het. In hulle selfverstaan voer die Volkskerk aan dat die rede vir die stigting van die kerk eerder sosio-polities as dogmaties was. Die Volkskerk was bedoel om ’n kerk vir bruinmense te wees gebaseer op die geloof* in Jesus* Christus* en op die leer van die apostels* in ’n kerk wat volledig “deur die mense vir die mense” beheer sou word. ’n Besondere eer het die kerk te beurt geval toe pres Mandela* die 60ste sinodesitting van die Volkskerk op 23 September 1997 in Stellenbosch besoek het. Statistiek dui daarop dat die kerk ngenoeg 22 000 lidmate en 220 gemeentes het.

Sidebar