VOLUNTARISME

VOLUNTARISME is ’n etiese benadering gegrond op God se wil in teenstelling met benaderings gegrond op die Goddelike rede. Volgens Thomas van Aquino* kry ’n mens deur middel van ons Godgegewe rede insig in die ewige wet* en rede van God. Martin Luther* en ander is daarvan oortuig dat ons nie deur filosofiese beredenerings kan vasstel wat reg en verkeerd is nie. God se wil gaan ons verstand te bowe. Bowendien het die sonde* ook ons rede totaal verdorwe gemaak. Ons moet deur geloof in Christus* aan God gehoorsaam bly (Kyk by: Etiek van Transendensie).

Vir verdere lees: Stanley J Grenz 1997. The Moral Quest: Foundations of Christian Ethics. Downers Grove: IVP.

Sidebar