VON HARNACK, ADOLF

VON HARNACK, ADOLF (1851–1930) het by Tartu en Leipzig gestudeer en het een van die groot Protestantse* kerkhistorici geword. In 1885 het hy die eerste volume (van drie) van sy Lehrbuch der Dogmen­geschichte (Geskiedenis van die dogma) gepubliseer. Daarin ontleed hy die ontwikkeling van die kerk se leerstukke van die 4de eeu af tot by die Reformasie*. In 1900 het sy bekendste werk, Das Wesen des Christentums (Die kern van die Christen­dom; in Engels: What is Christianity?) gevolg. Hy het geglo dat die dogma* in die Vroeë Kerk* die natuurlike gevolg was van die soeke na standaarde vir kerklidmaat­skap – wat uiteindelik die kern en praktiese aanslag van Jesus* se lering verduister het. Hy beskou die kern van Jesus se boodskap as die koninkryk* van God. Karl Barth*, een van Von Harnack se studente, se teologie* was onder meer ’n reaksie teen Von Har­nack se klem op die hierdie-wêreldse geloof.

Sidebar