VOORSPRAAK

VOORSPRAAK is ’n term uit die juridiese sfeer wat veral in die geskrifte van Johannes* voorkom. In die Johannes*-Evangelie (Joh 16:7) word die voorspraakrol toegeskryf aan die Heilige Gees* as “para­kleet”*. Hiervolgens sal die Heilige Gees by die dissipels* as voorspraak optree nadat Jesus weggegaan het. In 1 Joh 2:1 word hierdie term ook op Jesus* toegepas. Hy tree nou in dié hoedanigheid (voorspraak/ advokaat) op ten behoewe van die sondaars* by die Vader* op grond van sy regver­digheid en bewerk so versoening vir hulle sondes*. (Kyk ook: Parakleet.)

Sidebar