VOSLOO, WILLIAM (WIL)

VOSLOO, WILLIAM (WIL) (1934–) be­klee vanaf 1951–1971 talle poste in die sakewêreld en verwerf in dié tyd die ACIS-kwalifikasie. Hy word geroep tot die be­diening en studeer teologie* aan die Universiteit van Pretoria (UP). Hy slaag sy doktorale eksamen met lof en verwerf sy DD in 1978. As dosent begin sy loopbaan by Unisa in die Ou Testament* en daarna in die nuutgestigte departement Bybelkunde aan UP. Deur die Suid-Afrikaanse Bybelkun­de­vereniging bepleit en bevorder hy deurgaans die saak van Bybelonderrig op skool. Hy dien in talle kommissies van die kerk, neem deel aan die radioprogram “Wat sê die Bybel?”, en is mederedakteur van die Bybel in praktyk en Die Bybellenium. Vir Die Bybellennium ontvang hy saam met ander die Andrew Murraypys*. Hy is ook redakteur van die Ou Testament van Die Bybel: Nuwe Lewende Vertaling (2006), en dien as direkteur van die sentrum vir voortgesette teologiese onderrig by UP.

 

Sidebar