VROEË KERK, DIE

VROEË KERK, DIE verwys vir sommige geleerdes na die tydperk in die kerk* se geskiedenis ná die kruisiging* van Jesus* Christus* tot met die eerste Konsilie van Nisea* in 325 nC, terwyl ander geleerdes die afsluiting van hierdie era by die Kon­silie van Chalcedon* in 451 nC plaas. Dit begin met die tydperk wat in Handelinge* beskryf word en daarna volg die tyd van die kerkvaders* of die patristiese tydperk*. Dit sluit die periode van die vervolging van die kerk deur die Romeinse owerheid in tot en met die erkenning van die Christelike godsdiens deur Konstantyn*. Van die belangrike teoloë in hierdie tydperk is onder meer Ignatius* van Antiogië, Kle­mens* van Rome, Polikarpos*, Marsion*, Justinus* die Martelaar, Melito* van Sardis, Irenaeus*, Origines*, Tertullianus*, Sipria­nus* van Kartago, Dionisius*, Donatus* en Augustinus*.

Sidebar