VRUG VAN DIE GEES

VRUG VAN DIE GEES word deur Paulus* in Gal 5:22 in ’n spesifieke sin gebruik. In Gal 5:22 staan “vrug van die Gees” teenoor “die praktyke van die sondige natuur” wat hy in die voorafgaande verse bespreek. In dié verband is daar veral drie betekenisse wat aan die begrip geheg word: 1. Die kwaliteit van lewe wat verband hou met die krag en werk van die Heilige Gees*, wat staan teenoor menslike pogings om ooreenkomstig die wet van die vlees te leef. 2. Die gedagte van “geleidelike groei” deur ’n Geesvervulde lewe teenoor “onge­dissiplineerde en passievolle uitbarstings” gevoed deur vleeslike behoeftes. 3. Deugde wat ’n gawe is van die Gees van God teen­oor optrede wat deur menslike motiewe gevoed word.

Paulus gebruik nie die woord “praktyke” of “werke” vir die lys van deugde nie, aangesien dit misleidend kon wees. Paulus se gebruik van eersgenoemde dui op dit wat die “mens doen” teenoor dit wat die Gees as ’n gawe aan die mens skenk. Die “vrug” is dus nie die inspanning van die Christen se eie harde werk nie, maar die effek van “Iemand” anders se werk. Daarom ontvang die gelowige dit as ’n gawe

Sidebar