WAARBORG

WAARBORG is in die Bybel* ’n ekono­miese term. Indien iemand ’n stuk grond wou koop, moes hy aanvanklik ’n betaling maak. Dit was die waarborg wat hom onder verpligting geplaas het om toekomstige betalings te maak (Gen 38:17-20). Dit was soos ’n deposito. Die waarborg is dus ’n gedeelte van die volle betaling wat verskul­dig was.

Die Heilige Gees* is ook ’n waarborg (Ef 1:14; 2 Kor 1:22-23; 5:5). Die Gees is God se “deposito” van die toekomstige wêreld in hierdie wêreld. Die gawe van die Gees be­klemtoon dus sowel die alreeds as die nog nie in ons lewe, en die gepaardgaande spanning. Ons ontvang alreeds die Gees, God se eerste paaiement op ons redding*, maar het nog nie alles ontvang nie. Daar bestaan egter geen twyfel oor die toekomstige betalings nie, want God is die betaler van die res van die paaiemente (2 Kor 5:5). Ons sal die volle erfporsie ontvang (2 Kor 1:22).

Sidebar