WARFIELD, BENJAMIN BRECKINRIDGE

WARFIELD, BENJAMIN BRECKINRIDGE (1851–1921) het in Lexington, Kentucky, grootgeword en sy opleiding in Princeton en Leipzig ontvang. Van 1879 tot 1887 het hy Nuwe Testament* aan die Western Theological Seminary gedoseer, en van 1887 tot 1921 was hy professor in didaktiese en polemiese teologie* aan die Prince­tonse teologiese kweekskool. Hy het die “Princeton-teologie”, wat deur Charles en AA Hodge gewild gemaak is, aangehang. Hy het omsigtig die omvattende leerstelling uitgewerk dat die Woord* van God, wat van die “oorspronklike, outografiese” manu­- s­krip­te onderskei moet word, volkome on­feil­baar is; die enigste aanvaarbare bewys van feilbaarheid sou wees as foute in dié oorspronklike dokumente bewys kon word, en hulle is verlore. Hierdie soort beskouing het ’n tyd lank in Amerikaanse presbite­riaanse* kringe oorheers. Warfield se werk in die sistematiese teologie is gebaseer op die oortuiging dat openbaring die enigste bron van Godskennis is – openbaring soos dit gegee word in God se geskrewe Woord, wat alle ander vorms van openbaring oortref. Hy het oor ’n wye verskeidenheid teologiese onderwerpe geskryf. Die meeste van sy skryfwerk is ná sy dood eers gepu­b­liseer. Hy was gekant teen ’n kritiese bena­dering tot die Evangelies*, liberale teologie en enige poging om die geloofsbely­de­nisse* te hersien.

Sidebar