WELWILLENDHEID

WELWILLENDHEID as woord bring ’n houding van goedgesindheid teenoor ander mense in gedagte. Dit is ’n gesindheid wat soek om die welsyn van ander te bevorder. So ’n houding word vir Christene in God se liefde* en genade* teenoor alle mense begrond. Welwillendheid word van­uit ’n Christelike perspektief beskou as ’n vrug van die Gees* (vgl Gal 5:22-23). Welwillendheid in die Bybelse* sin is nie bloot dieselfde as goeie bedoelings nie. Dit staan nie los van ons dade nie (vgl Matt 25). In ’n kultuur waarin slinksheid dikwels as deug aangeprys word, is dit be­langrik om die diep betekenis van welwillendheid in gedagte te hou en te beliggaam.

Sidebar