WESTMINSTER CONFESSION

WESTMINSTER CONFESSION is in 1646 voltooi en goedgekeur by ’n konvent van kerklikes in die Londense Westminster-abdy en het ’n belangrike belydenisskrif* van die meeste presbiteriaanse* kerke in die Engelssprekende wêreld geword. Ver­skillende invloede het klaarblyklik meege­werk by die opstel daarvan: die teologiese denke van Augustinus*, puriteinse* teologie*, en die Calvinisme*. In die vergadering was daar ook persone wat indertyd die Dordtse Sinode van 1618–1619 (Kyk by: Dordtse Leerreëls) bygewoon het, en wat sorg gedra het dat Arminianis­me* uit die belydenis geweer is. Die eerste hoofstuk handel oor die Heilige Skrif*, waarop verskeie hoofstukke oor God Drie-enig*, sy ewige Raad*, sy skepping* en voorsienigheid* volg. Vervolgens is daar hoof­stukke oor die sondeval*, die ver­bond*, Christus* die Middelaar, die heils­orde*, die wet* van God en die Christelike lewe. Daar word ook gehandel oor die ower­heid*, die huwelik*, die kerk*, die sa­kra­mente*, die kerklike tug*, kerkvergaderings, die opstanding* uit die dood en die laaste oordeel*. Met bepaalde wysigings het die Westminster Confession ook die grondslag gevorm vir belydenisskrifte van die Engelse Kongregasionaliste* en sekere Bap­tiste kerke.

Sidebar