WOORD (LOGOS)

WOORD (LOGOS). Logos is een van die Griekse* terme wat gebruik word om “woord” as spraak- of kommunikasiemiddel mee te vertaal. Logos dui egter meer op die gesproke, en nie soseer op die grammatikale woord nie; ook nie eintlik op die uiterlike en geskrewe vorm nie, maar op die innerlike, onsigbare gedagte daaragter waarvan dit die uitdrukking is. Daarom is die manier waarop Johannes* sy Evangelie* met die Woord (Joh 1:1) begin, so opmerklik. Met hierdie uitspraak wil hy waarsky­n­lik eers teruggryp na die skeppingsverhaal (Kyk by: Skepping [Genesis]) in Gen 1 toe God ook “gewoord” of ge­spreek het en dit wat Hy gesê het, gebeur het, God se gedagtes dus in skeppingsdade tot uitdrukking gekom het. Maar dan wil Johannes ook praat van die Woord as die tweede Persoon* van die Godheid wat sigbaar geword het in Jesus* Christus*. Hy is die onsigbare God wat geopenbaar is as mens, Hy is die sigbare/hoorbare Woord van die nie-sigbare God. As die Woord is Hy die Begin of Outeur van die skepping, maar ook van die herskepping (Kyk by: Skepping, herskepping, nuwe skepping). In dié opsig is Hy dus ook die lewende Woord wat die Godheid aan ons kom openbaar het. Omdat Hy die Woord is, is Hy verder die weg, die waarheid* en die lewe (Joh 14:6).

 

 

 

Sidebar