WRAAK

WRAAK. Menslike wraak is die gevolg van woede en die intense begeerte om ’n ander persoon, persone of groep mense in eie munt terug te betaal. Wraak is deels ’n emosionele reaksie op iets wat gebeur het, en deels ’n verdedigingsmeganisme. Dit is ’n reaksie wanneer ’n persoon se waardig­heid aangetas of sy/haar belange bedreig word. Die reg op wraak is toelaatbaar volgens die Ou Testament* (Eks 21:24). Dit staan egter in skerp kontras met die Nuwe-Testamentiese* boodskap van vergewing* en liefde* wat Jesus* verkondig het (Matt 5:38-48). Binne enige konteks vra Christus* se boodskap dat die soeke na wraak konstruktief omgeskakel moet word tot die najaag van geregtigheid*, liefde, seen* en vrede*.

 

Sidebar