WYN

WYN is saam met water en melk die primêre drank in die Bybel*. In heelparty tekste sien ons dat wyn algemeen gebruik is. In Ps 104:15 en Pred 9:7 word aangedui dat wyn mense se harte bly maak, en in Joh 2 vorm wyn ’n kernbestanddeel van ’n feesmaal. Dit is daarom nie vreemd nie dat tekste soos Jes 25:6 wyn as ’n simbool vir die eindtyd gebruik wanneer daar gesê word dat God op sy heilige berg ’n feesmaal vir al die nasies sal hou met goed verou­derde wyn en die beste kos. In Amos 9:13 word die nuutgemaakte wêreld uitgebeeld met strome nuwe wyn wat afstroom van die berge.

Die misbruik van wyn word in die Bybel afgewys. In Jes 5:11 word die metafoor van dronkenskap gebruik om diegene wat nie God se opdragte navolg nie, te beskryf.

Wyn se belangrike rol in die Nuwe Testament* is duidelik in Jesus* se wonderwerk om water in wyn te verander (Joh 2), en by uitstek in die feit dat Jesus die simbool van wyn in verband bring met die bloed wat Hy vir die mensdom gestort het (Matt 26).

Sidebar