WYSBEGEERTE VAN DIE WETS­IDEE

WYSBEGEERTE VAN DIE WETS­IDEE is die benaming vir die Christelike Wysbegeerte wat deur veral Herman Dooyeweerd* (1894–1977) en sy swaer, DTh Vollenhoven, sedert 1926 aan die Vrije Universiteit* in Amsterdam, Nederland, ontwikkel is. Dit is ’n filosofie wat bewustelik in die denktradisie van Johannes Calvyn* (1509–1564) en die gereformeerde* Nederlander Abraham Kuyper* (1837–1920) wou voortwerk. Hoewel Dooyeweerd self nie die naam van ’n persoon aan sy wysbegeerte wou koppel nie en dit bloot “Christelike Wysbegeerte” genoem het, word die naam Calvinistiese of neo-Calvi­nistiese Wysbegeerte deur sommige daarvoor gebruik.

Kenmerkend van die Wysbegeerte van die Wetsidee is die erkenning dat die kosmiese wet van God Drie-enig* die grens vorm tussen Hom as soewereine God en sy skepping*. Die skepping het alleen sin in sy afhanklikheid van en verhouding tot God. Laasgenoemde het in sy skeppingsorde voorsiening gemaak vir alle moontlike vorms van bestaan. Vir die natuursye van die lewe het Hy natuurwette gegee wat net so geld, en vir die kultuursye van die lewe van die mens norme wat laasgenoemde aan die hand van ’n eie styl of keusevryheid moet gehoorsaam. Die Wysbegeerte van die Wetsidee se invloed lê versprei oor Europa, die VSA, Kanada en Suid-Afrika

Sidebar