XAVIER, FRANSISKUS

XAVIER, FRANSISKUS (1506–1552) was een van die eerste en bekendste Jesuïete*- sendelinge. Hy is in Spanje gebore en het aan die Universiteit van Parys gestudeer. Xavier was geïnteresseerd in filosofie en teologie* en nadat hy vir Ignatius van Lo­- y­ola* ontmoet het, het hy by die Jesuïete-orde aangesluit en hom verbind tot ’n lewe van armoede, selibaat* en evangelisasie*. Daarop het Xavier in 1542 na Goa in Indië vertrek waar hy al langs die kus af in visserdorpies sending*werk gedoen het. In 1545 is hy na Maleisië en Viëtnam, en in 1549 na Japan waar hy heelwat sukses behaal het. Xavier is oorlede op pad na China*.

Xavier het nooit te lank op een plek gebly nie, maar homself beskou as ’n baanbreker. Hy het gesukkel om die plaaslike tale aan te leer en sy pogings om die kernwaarhede van die evangelie* te vertaal, was minder suksesvol. Tog het hy die weg gebaan vir ander Jesuïete wat gou oor Indië en die Verre-Ooste versprei het. Xavier het in sy sendingwerk gefokus op kinders – hy het vir die kinders die geloofsbelydenisse* geleer, en hulle dan gestuur om dit vir hulle ouers en siekes op te sê – en het hulle in groot getalle gedoop*.

Sidebar